Adonia Angels leer ken vanjaar se Mej Adonia kandidate
Die Adonia Angels Project is tans in die finale fases voor die groot Mej Adonia Angels Gala funksie.

Die bestuur van Adonia Angels Project het op 13 Julie weer ‘n vergadering met vanjaar se Mej Adonia Angels kandidate gehad.
Dit is tydens dié geleentheid waar elke kandidaat vir ‘n paneel beoordelaars kom vertel hoekom hulle die volgende Mej Adonia behoort te wees.
Volgens ‘n verteenwoordiger van Adonia Angels, Janine Ferreira, is die doel van dié vergaderings om die meisies te leer ken en beter te verstaan wat hulle sal doen indien hulle met die titel van Mej Adonia Angels wegstap.
“Daar het vanjaar ongeveer 24 Meisies tussen die ouderdom van 13 en 20-jaar vir die kompetisie ingeskryf.
“Vir die afgelope drie weke is ons as organiseerders al besig om die groep voor te berei deur verskeie projekte aan hulle te gee.
“Dié projekte sal ook deel vorm van hul finale punt wat sal bepaal wie word as Mej Adonia gekroon,” vertel Janine.
Die groep meisies het nog slegs twee weke van voorbereiding oor.
Na afloop van dié vyf-week-program sal die gala aand op 17 Augustus plaasvind.
Kaartjies vir die gala aand beloop R60 per persoon en daar sal ook ‘n snoepie by die geleentheid beskikbaar wees.
Vir meer inligting rondom die Mej Adonia Angels program, skakel gerus vir Janine by 071 536 5747.