Cansa vier lewe na kanker
Cansa Randfontein bied hul eerste Relay for Life aan om lewe na kanker te vier.
Cansa Randfontein is trots daarop om vanjaar hul eerste Relay for Life aan te bied en nooi die gemeenskap om deel van die geleentheid te wees.
Volgens ‘n Cansa verteenwoordiger, Antoinette de Beer, sal die Relay for Life op 6 September by die Greenhills Stadion plaasvind en beloof dit om ‘n pretbelaaide geleentheid te wees.
“Die doel van die byeenkoms is om lewe na kanker te vier. Ons bring ook sodoende eer aan diegene wat kanker suksesvol beveg en oorleef het. Die doel van die Relay for Life is om die gemeenskap op ‘n pretbelaaide wyse bewus te maak van die siekte en te wys dat kanker oorkom kan word,” vertel Antoinette.
Die aand sal met ‘n pragtige opening begin waarna diegene wat kanker oorleef het hul eerste rondte om die sportgronde sal aanpak.
Daarna kan elke span wat vir die geleentheid ingeskryf het begin om hul roete om die baan aan te pak.
Die geleentheid sal om 6nm afskop en deur die nag duur.
“Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om so veel as moontlik spanne vir die relay in te skryf. Dit is nie net baie pret nie, maar maak elkeen ook ter selfde tyd bewus van kanker en die impak wat dit op die gemeenskap het,” vertel Antoinette.
Vir enige verdere navre, kontak gerus vir Zandri Schickerling by zschickerling@cansa.org.za.