
Hoërskool Riebeeckrand spog weer vanjaar met 10 leerlinge wat aan die Wêreld Boogskiet Kampioenskappe gaan deelneem.
Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rikus Kruger, het die groep skutte hulself vanjaar oortref en is hulle vasbeslote om met die eerste plek tydens die wêreldkampioenskappe te spog.
“Die groep skutte bestaan uit Renier Luddik, Arno Olivier, TJ Laubsher, Sean Grobler, Roelf Janse van Rensburg, Christiaan Pretorius, Melani Botha, Jason Botha, Christie Claase en Tillie Manders,” vertel Rikus.
“Elkeen van dié leerlinge is tans besig om voor te berei vir die Wêreld Boogskiet Kampioenskappe wat op 26 en 27 Julie in Naboomspruit sal plaasvind.”
Dit is tydens dié geleentheid waar Hoërskool Riebeeckrand se skutte teen die beste skutte van Amerika, Suid-Afrika, Namibië asook ‘n All-stal uitnodigingspan sal meeding.
“Ons is baie trots op elkeen van die leerlinge en wens hulle sterkte toe met die kampioenskappe wat voorlê,’ vertel Rikus ten slotte.