EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Plaaslike blommeklub gereed vir groot blommeskou

Wisteria Blommeklub nooi die gemeenskap om deel te hê aan hulle blommeskou wat binnekort plaasvind.

Die Wisteria Blommeklub hou weer op 26 en 27 Julie ‘n plaaslike blommeskou en nooi die gemeenskap om die uistallers se werk te kom aanskou.

Volgens die Vise-voorsitter van Wisteria Blommeklub, Leon Hefer, is daar sowat 35 ontwerpe vir die kompetisie ingeskryf. Dié blommekenners sal op 26 Julie sake onder mekaar uitspook om te bepaal wie die wen-ontwerp gemaak het.

Die ontwerpe sal almal op 27 Julie beoordeel word waarna die wenner aangekondig sal word.

“Na afloop van die beoordeling sal die ontwerpe ten toon gestel word sodat die gemeenskap na dit kan kom kyk.

“Die skou is amptelik van 10vm af oop vir die publiek.

“Dit is ook tydens dié skou waar diegene wat die skou bywoon ‘n demonstrasie van vier seisoene kan bywoon en meer van rangskikkings leer,” vertel Leon.

Kaartjies vir die geleentheid beloop R70 per persoon en sluit heerlike sop en sjerrie in.

Vir meer inligting rondom die geleentheid, skakel gerus vir Leon by 082 789 0499 of vir Dalene by 082 332 8479.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button