
Laerskool Randfontein se graad 7 leerlinge het onglangs aan die jaarlikse Natuur Wetenskap-expo deelgeneem.
“Die tema was ‘Shoe string science’ wat beteken dat die wetenskap oral om ons, in ons huise en skole, is,” vertel Laerskool Randfontein se skakelbeampte, Dalena Botha.
Tydens die geleentheid het die leerlinge verskeie interesante dinge geleer soos wat ‘n kind kan gebruik om wetenskapeksperimente tuis te doen.
Dalena vertel dat ‘n goeie voorbeeld sherbet is.
“Neem een teelepel wynsteensuur, ‘n halwe teelepel koeksoda en 4 opgehoopte teelepels versiersuiker. Meng goed en jy het jou eie sherbet gemaak,” vertel Dalena.
“Dis altyd groot pret om die eksotermiese reaksies tydens die nutralisasie reaksie te sien. Ons het ‘n universele indikator van rooikool en huishoudelike sure gemaak en basisse getoets.
“Die oplossings kleur die mooiste kleure van die pH-skaal. Ons het die bewering dat, Dove-seep nie ‘n seep is nie, getoets en dis waar. Dove is nutraal en het nie ‘n sterk basis soos ander sepe nie. Die leerlinge het die eksperimente baie geniet.”
Twee groepe graad 7 leerlinge met vier in elke groep het deelgeneem. Laerskool Randfontein was die enigste Afrikaanse skool wat teen 12 Engelse skole deelgeneem het. Die bestuur van Laerskool Randfontein is baie trots op die leerlinge en glo dat hulle beslis ‘n toekoms in die wetenskapsveld het.