ATKV bied skryfkompetisie aan
Nou is jou kans om jou merk as skrywer te maak, skryf nou in vir die ATKV skryfkompetisie.
As jy graag prosa skryf en die kans om te publiseer jou ontwyk is dit nou die tyd om vir die ATKV Aksie en Woordvreugde-tak se prosakompetisie in te skryf.
Sketse, opstelle en kortverhale kan vir die skryfkompetisie ingeskryf word.
Aspirantskrywers kan kies uit sewe temas wat ‘As ek maar net na my Ma/Pa geluister het’, ‘Deur die Satyngordyn’, ‘Hier het Dawid die wortels begraaf’, ‘Dis ‘n lekker gedagte, nĂ©?’, ‘Liefde is die skoonheid van die siel’, ‘Dis lekker maar nie sonde nie’ en ‘Nag van verskrikking’ insluit.
Verskeie boekpryse is op die spel, asook kontantpryse van R500 vir kategorie-wenners.
Inskrywings mag slegs in Afrikaans wees, en inskrywings mag nie langer as 3 000 woorde wees nie.
Slegs mense wat nog nooit by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het nie, mag vir die kompetisie inskryf. Deelnemers mag ‘n verhaal in elke kategorie inskryf.
Inskrywingsgeld is R100 per inskrywing, en die sluitingsdatum is 30 September.
Diegene wat belangstel en meer inligting verlang, skakel gerus vir Soekie Nel by soekie.nel@ul.ac.za of 073 036 8697.



