Local newsNews

Chantelle Hughes se nagtegaalstem bestem vir glorie

Chantelle Hughes is bestem vir groot dinge in die musiekdebryf.

Chantelle Hughes is ‘n matriekleerling van Hoërskool Riebeeckrand wat haar sangtalent reeds van jongs af beoefen.

Volgens Chantelle het sy op die ouderdom van 13 begin sing. Tydens daardie jaar het sy aan haar eerste groot kompetisie, Supersterre deelgeneem, waar sy tot die tweede rondte van die kompetisie deurgedring het.

“Kort na Supersterre het ek vir die South African Championships of the Performing Arts ingeskryf. Ek het vier items by die kampioenskappe ingeskryf en vier medaljes ontvang,” vertel Chantelle trots.

“Ek was ook vir drie jaar ‘n finalis van die Jabulani Youth Festival waar ek in die Stadsteater van Pretoria opgetree het.”

Behalwe vir haar deelname aan ‘n verskeidenheid kunstefeeste, is Chantelle ook as gaskunstenaar tydens die Tswane Youth Festival se galafunksie genooi waar sy ‘n staande ovasie in die Pretoria Stadsteater ontvang het.

Op plaaslike front was Chantelle al kategoriewenner van die Randfontein Idols kompetisie en het sy ook al die geleentheid gehad om by konsterte te open vir sterre soos Nadine, Mathys Roets, Bobby van Jaarsveld en Gerrie Pretorius.

Dié opkomende sangeres tree tans by verskeie plekke en kunstefeeste op en is ook beskikbaar vir optredes by privaat funksies.

Volgens haar musiekonderwyser, Annelien du Plessis, het Chantelle nog ‘n roemryke toekoms voor haar.

“Ek is baie trots op haar. Sy werk baie hard om haar drome te bereik en is beslis ‘n sangeres om in die toekoms dop te hou,” vertel Annelien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button