Jannas rugbyspeler vorm deel van Leeus akademie
Een van Hoërskool Jan Viljoen se groot rugbygeeste vorm deel van die Goue Leeus o.18 Akademie span.
Nico van Tonder is ‘n Graad 12 leerling van Hoërskool Jan Viljoen wat vir die afgelope drie jaar vir dié skool se eerste rugbyspan vaskopstut speel.
Nico is onglangs in die o.18 Goue Leeus Akademie span opgeneem.
Volgens Nico het hy al reeds van kindsbeen af ‘n baie groot liefde vir rugby en streef hy daarna om rugby as ‘n profesionele loopbaan te volg.
“Ons het gedurende Junie al reeds met die Goue Leeus proewe begin,” sê Nico.
“Ek moes sewe stelle proewe slaag om in dié span opgeneem te word.
“Dit is vir my ‘n groot eer om vir die Leeus uit te draf en is vasbeslote om myself in dié span te bewys.”
Hy vertel verder dat alle skole in Gauteng by die proewe betrokke was.
Volgens sy eerstespanafrigter by Hoërskool Jan Viljoen, George Smith, is dit ‘n reuse prestasie en glo hy dat Nico beslis ‘n aanwins vir dié span is.
Nico vertel dat hulle gedurende die afgelope skoolvakansie by Glenwood College in Natal aan die Akademieweek deelgeneem het.
Dit is tydens dié geleentheid waar hulle teen ander akademiespanne van ander provinsies gespeel het.
“Ons het baie goed gevaar en ek het dit baie geniet,” vertel Nico.
“Ek beoog om volgende jaar by die Universiteit van Potchefstroom of Johannesburg te gaan studeer en sal daar ook my rugbyloopbaan volstoom najaag,” vertel Nico.



