Local newsNews

Wees deel van die golfdag vir Jessy

Mevrou Suid-Afrika 2013 finalis, Antoinette de Beer, nooi die gemeenskap om haar golfdag ten bate van Jessy McIntyre te kom bywoon.

Sonder ‘n kogliêre oorplanting sal Jessy McIntyre (2) nooit die geleentheid kry om haar ouers se stemme te hoor nie en ook nie kan hoor hoe die voëltjies rondom haar sing nie.

Daarom bied Mevrou Suid-Afrika 2013 finalis, Antoinette de Beer ‘n golfdag op 23 Augustus aan om fondse vir 2-jarige Jessy in te samel.

Volgens Antoinette sal dié golfdag op Randfontein Golfbaan plaasvind. Al die fondse wat tydens die geleentheid ingesamel word sal bydra tot Jessy se kogliêre oorplanting.

“Ek doen ‘n beroep op alle golfspelers in die gemeenskap om deel te neem aan die golfdag om sodoende vir Jessy te help om die oorplanting te kry,” vertel Antoinette.

Die golfdag sal om 11vm afskop en beloof om groot pret vir elke golfspeler te wees.

“Dié operasie kos sowat R340 000 en Jessy se ouers benodig alle hulp wat hulle kan kry, daarom kan elkeen wat die golfdag bywoon bydra tot die oorplanting bloot deur hulself op die golfbaan te kom geniet,” vertel Antoinette.

Vir meer inligting rondom die golfdag, skakel gerus vir Antoinette op 073 681 9516 of antoinette.debeer02@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button