Local newsNews

GoFokus Randfontein gee leerling ‘n akademiese toekoms

Na slegs sewe maande as deel van die Go Fouks program, het Quinton Strydom nou beslis 'n suksesvolle akademiese toekoms.

Quinton Strydom is aan die begin van die jaar oorgeplaas na Graad 2 met die doel dat hy na ‘n spesiale skool of hulpklas verwys word. Hy moes ook spraakterapie kry.

Maar sy ouers vertel hulle het egter besluit om hom by GoFocus Randfontein in te skryf en het terselfdertyd sy spraakterapie gestaak.

Met sy assessering by GoFocus kon die onderwyseres skaars hoor wat Quinton sê.

As gevolg van sy spraakprobleem het hy baie sag gepraat.

Hy kon nie woorde of sinne skryf nie en was baie onseker en teruggetrokke.

GoFokus, het dit in ‘n kwessie van sewe maande verander.

Volgens die eienaar van GoFokus, Theresa Visser, woon Quinton nou al vir die afgelope sewe maande klasse by GoFokus by en beide Theresa en Quinton se ouers kan regtig ‘n groot verskil in sy gedrag sien.

“Ons het na die eerste drie maande reeds ‘n groot verbetering in sy werk gesien. Hy was altyd teruggetrokke, kon nie konsentreer op skoolwerk nie, lees en spel was altyd ‘n probleem en huiswerk het hom ure gevat om te voltooi, maar na minder as ‘n jaar het Quinton ‘n blink akademiese toekoms voor hom,” vertel Theresa.

Sy vertel verder dat Quinton se uitspraak van woorde baie verbeter het en hy praat baie harder en duideliker.

Sy selfbeeld het so positief verander en hy sien baie uit daarna om die GoFocus klasse by te woon.

Hy lees en skryf meer as 76 van die GoFocus sigwoorde foutloos. Hy kan selfstandig lees. Hy konsentreer baie beter en is gemotiveerd om deurgans sy beste te lewer.

Huiswerk is nie eers meer vir hom ‘n uitdaging nie.

Quinton se ouers bedank Theresa vir die wonderlike manier waarop sy die GoFocus program met Quinton deurgewerk het. Die tegnieke het sy lewe verander.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button