Laerskool Randfontein (Ram), se jukskei leerlinge is vanjaar vuur en vlam om die skolejukskeitoernooi te domineer.
Dié toernooi het op 9 en 10 Augustus in Pretoria afgeskop.
Volgens die skakelbeampte van Ram, Dalena Botha, ding vier van Ram se leerlinge by die toernooi mee.
“Alhoewel dit nou eers die begin van die toernooi is, het Daléé Nel, Marno Nel, Louis Breytenbach en Brandon Swart hulself reeds goed van hul taak gekwyt en gewys dat hulle nog lank deel van dié toernooi gaan vorm,” vertel Dalena.
Die vier leerlinge sal aan verskeie ander proefstelle deelneem en is vasbeslote om vanjaar in die direkteursspan opgeneem te word.
“Ons is baie trots op ons jukskei leerlinge en wens hulle sterkte toe met die wedstryde wat voorlê,” vertel Dalena ten slotte.



