Local newsNews

Sopkombuis geniet puik ondersteuning

Faith Outreach Sopkombuis kan nou meer mense bereik nadat Bhikacarlitz Prokereurs by dié projek betrokke geraak het.

Met die winter in ons midde en die koue wat steeds woed, het Mekaddishkem Ministries ‘n sopkombuis gestig wat op ‘n weeklikse basis vir tussen 80 en 150 mense kos voorsien.

Volgens die eienaar van Mekaddiskem Ministries, Norman Doyle, het dié sopkombuis – Faith Outreach, twee voorafbepaalde punte waar hulle die sopkombuis aanbied.

Die twee punte is onderskeidellik op die hoek van Homestead Laan en Noordweg asook op die hoek van Homestead Laan en Van Riebeeck Straat.

“In die verlede moes ons al die goedere self aankoop, maar dit is nou alles iets van die verlede.

“Dit nadat Bhikacarlitz Prokereurs in Greenhills by die sopkombuis betrokke geraak het,” vertel Norman.

“Behalwe vir die groot finansieële bydrae wat dié firma maak, is hulle ook elke Saterdag behulpsaam wanneer ons die sop en brood by die punte uitdeel.”

Norman vertel verder dat die sopkombuis so goed doen dat hulle beplan om ‘n sopkombuis in Randgate ook te stig.

“Ons is baie dankbaar vir Bhikacarlits se betrokkenheid by die projek. Julle het nie ‘n idee watter verskil julle maak nie. Ek glo dat julle voorbeeld soos ‘n wegholveldbrand sal versprei en ander mense ook sal motiveer om deel van die projek te raak,” vertel Norman.

Indien enigiemand by die projek wil betrokke raak, skakel gerus vir Liza Knoren by 074 286 4415.

“Mense hoef nie noodwendig kontant by te dra nie, jou hulp by die uitdeelpunte is net so belangrik,” vertel Norman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button