Vrienskapstuiste gereed vir groot kermis
Randfontein Vriendskapstuiste is gereed vir 'n groot kermis en met die tema, Country en Western, beloof die geleentheid groot pret vir die gemeenskap.
Randfontein Vriendskapstuiste bied op 31 Augustus hul jaarlikse kermis aan en nooi die hele gemeenskap om dié hoogtepunt op hul jaarkalender saam hulle te kom geniet.
Die matrone van Vriendskapstuiste, Elsa Erasmus, vertel dat die kermis elke jaar ‘n goeie opkoms verseker en glo dat vanjaar weereens baie aftrek sal geniet.
Die tema vir vanjaar se kermis sal weer Country en Western wees, aangesien dit suksesvolle tema tydens verlede jaar se kermis was.
Daar sal weer optredes deur groot counrty sangers wees. Een van die sangers wat tydens die geleentheid sal optree is Carroline du Preez.
“Nog elke jaar het die gemeenskap ons ten volle ondersteun, daarom doen ons ‘n beroep die gemeenskap om weer vanjaar by die kermis te kom kuier,” vertel Elsa.
Daar sal weer talle stalletjies met allerhande lekkernye en interesante artikels wees. Een van die nuutse kos stalletjies is die snoek en patats stalletjie wat vanjaar vir die eerste keer by die kermis sal wees. Ander stalletjies sluit poeding, pannekoek, Kerrie en rys en selfs vetkoek en maalvleis stalletjies in.
Die kermis sal weer soos in die verlede om 9vm afskop en aanhou tot laatmiddag. Almal is welkom om die kermis by te woon en die dag saam met hul vriende en familie te kom geniet.
Indien enigiemand by die kermis wil betrokke raak of enige navrae het, skakel gerus vir Elsa by 011 412 1044.



