Laerskool Rapportryer se Graad 4-, 5- en 6-leerlinge het op 24 Julie by Hoërskool Jan de Klerk aan die Wetenskap Expo deelgeneem en hulself puik van hul taak gekwyt.
Volgens die skakelbeampte vir Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het Rappies vier spanne vir die expo ingeskryf.
“Drie van dié spanne het ‘n welverdiende eerste plek verower, terwyl ons tweede groep Graad 5-leerlinge ‘n algehele tweede plek behaal het,” vertel Roleen.
Al vier spanne het boonop die finale rondte gehaal wat op 30 Julie plaasgevind het.
Tydens dié rondte is die Graad 6-leerlinge – Nicole Stewart, Angelique van Niekerk, Alicia Kotze en Criske Hechter as wenners in die streek aangewys.
Die Graad 4-leerlinge wat aan die finale rondte deelgeneem het is Ashley Stewart, Mari de Beer, Q’raine Nel, Ruman Münz en Christiaan Fourie. Hulle het ‘n algehele derde plek behaal.
Die groep Graad 5-leerlinge bestaan uit Vitali Beukes, Zandre Deysel, Tiaan Wilken, Ashley Victor, Mari Landsberg, Andre Visser, Daneil Kotze, Waldo Horn, Theodor van Staden en Tiaan van Tonder.
“Baie geluk met julle puik prestasie. Ons is waarlik trots op julle,” vertel Roleen.



