NewsSchools

Rappies-landloopatlete haal D2

Drie van Laerskool Rapportryer se top o.9-atlete verseker vir hulself 'n plek in die D2-landloopspan.

Drie van Laerskool Rapportryer se o.9-landloopatlete is onlangs in die D2-landloopspan opgeneem en beoog om hulself in dié span as top atlete in hul ouderdomsgroep te bewys.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het Ashely Minne, Dylan Pienaar en Liezl Pio baie goed tydens hul laaste wedloop gevaar en elk ‘n medalje ontvang.

Dit is met dié puik landloop uitslae wat hulle vir hulself ‘n plek in die D2-span verseker het.

“Ons almal by Laerskool Rapportryer is baie trots op die drie leerlinge en wens hulle alle sterkte toe vir die wedlope wat voorlê. Ons weet julle is ‘n groot aanwins vir die D2-landloopspan,” vertel Roleen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button