NewsSchools

Rappies blink uit by wiskunde-kompetisie

Laerskool Rapportryer se slimkoppe neem aan Math Challenge deel.

Laerskool Rapportryer se slimkoppe het onlangs aan die distrikskantoor se Maths Challenge deelgeneem en net weer gewys dat Rappies presteer waar hulle ook al gaan.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het verskeie van Laerskool Rapportryer se leerlinge aan dié kompetisie deelgeneem.

“Dié leerlinge het baie goed gevaar. Ruman Munz, Mari de Beer, Vitali Beukes, Brandon Koen, Alicia Kotze en Natasha Grobler gaan almal deur na die finale rondte in die Distrik,” vertel Roleen.

Gedurende die geleentheid behaal Vitali ‘n algehele tweede plek en sy dring deur na die Gauteng-finaal.

“Tydens haar deelname aan die Gauteng-finaal het Vitali uitstekend gevaar en ‘n algehele vyfde plek in die Maths Challenge verower. Baie geluk Vitali, Rappies is baie trots op jou prestasie,” vertel Roleen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button