NewsSchools

Riebeeckrand-atlete hardloop vir D2

Ses van Hoërskool Riebeeckrand se top landloopatlete verseker vir hulself 'n plek in die D2 Landloopspan.

Hoërskool Riebeeckrand spog weer vanjaar met ses landloopatlete wat deel van die D2 Landloopspan vorm.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rikus Kruger, is die ses atlete Ezra Ferreira, Bianca du Toit, Lizerie Ferreira, Matasha Pidral, Monique Crafford en Claudia Herbst.

“Die landloopatlete het al reeds vanjaar puik gevaar en is beslis ‘n aanwins vir die D2 Landloopspan. Ek is vas oortuig dat dié ses leerlinge baie goed in dié span sal presteer,” vertel Rikus.

Hy vertel verder dat die leerlinge op 7 September aan die Provinsiale Kampioenskappe gaan deelneem. Dié kampioenskappe sal in Ruimsig plaasvind.

“Ons almal by Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op dié leerlinge. Julle het baie hard gewerk en verdien beslis om in die D2 Landloopspan mee te ding. Ons wens julle sterkte toe vir die kampioenskappe wat voorlê,” vertel Rikus ten slotte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button