NewsSchools

RCA spog met hul nuwe onderwysers

Randfontein Christian Academy (RCA) is baie opgewonde oor hul nuwe onderwysers en sien uit daarna om saam dié vier nuwe gesigte te werk.

Die bestuur van Randfontein Christian Academy (RCA) is baie opgewonde oor die toekoms en spog met vier nuwe onderwysers wat sedert die begin van die derde kwartaal by die skool betrokke is.

Volgens ‘n verteenwoordiger van RCA, Sonja van Heerden, is drie van die nuwe onderwysers werksaam by die hoërskool afdeling van RCA.

Dié onderwysers in Elize Bahne, Jaun-Roux van Zyl en Retha Maré.

Linda Myburgh gee onderrig by die larskool Afdeling van RCA.

“Retha Maré is ook die hoërskool se nuwe hoof en ons is baie opgewonde om haar aan die stuur van sake te hê,” vertel Sonja.

Volgens Retha is sy self ook baie opgewonde om by RCA te wees en geniet elke dag ten volle.

“Ons het die kwartaal met sport begin en die leerlinge by RCA kan nou aan sportsoorte soos sokker, krieket, tennis, atletiek en selfs korfball deelneem,” vertel Retha opgewonde.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button