Hoërskool Riebeeckrand het vanjaar weer bewys dat hulle oor baie sterk jukskeispelers beskik toe drie van hul spanne die skoleliga gewen het.
Volgens die bemarker by Hoërskool Riebeeckrand, Rikus Kruger, het die skoleliga op 24 Augustus afgesluit.
Die drie spanne van Hoërskool Riebeeckrand wat dié liga gewen het, sal nou op 14 September aan die Direkteurstoernooi in Boksburg deelneem.
“Die spanne van Riebeeckrand wat aan dié toernooi gaan deelneem is die o.16A seuns, o.16A dogters en die o.19 A dogters,” vertel Rikus.
“Ons is baie trots op elkeen van dié spelers en glo dat hulle puik tydens die Direkteurstoernooi sal vaar.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



