Rappies jukskei is tops
Laerskool Rapportryer spog met 'n suksesvolle jukskei seisoen en is trots op hul liga wenners.
Laerskool Rapportryer se jukskeileerlinge het vanjaar goed presteer en sommige van dié skool se spanne spog al reeds met hul oorwinning by die skoleliga.
Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het hulle 11 spanne vir die skoleliga ingeskryf.
“Sewe van dié spanne het tydens die skoleliga met medaljes weggestap.
“Ons leerlinge het oor twee Saterdae ongeveer 10 wedstryde gespeel om te bepaal wie die wenners is,” vertel Roleen.
“In die B-afdeling vir Laerskole het Rappies se B4-seunsspan en die tweededespan dogters met goud weggestap.
“Die B1-dogters en B3-seuns het silwer medaljes gewen terwyl die B1-seuns span brons gekry het.
“Die trots van ons skool is die A-spanne.
“Die seuns en dogters het as Ligawenners uit die stryd getree.
“Hulle gaan op 14 September aan die eerste rondte van die Direkteurstoernooi in Boksburg deelneem.
“Ons is baie trots op ons jukskeispelers wat so puik gevaar het,” vertel Roleen.
Die A-dogters jukskeispan bestaan uit Zaania Coetzee, Marianca Masser, Michaella Coetzee en Ju-hanie Wilken.
Die seuns A-span bestaan uit Reuben McDonald, Tiaan Wilken, Donavon Smit en Janco Olivier



