NewsSchools

Riebeeckrand spog met Wes-Rand krieketspeler

Hoërskool Riebeeckrand is trots om te sê dat Shane Pollock in die Wes-Rand Krieketspan opgeneem is.

Hoërskool Riebeeckrand het weer vanjaar uitgeblink op die krieketveld en spog al reeds met een van hul leerlinge wat onglangs in die Wes-Rand Krieketspan opgeneem is.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rikus Kruger, het Shane Pollock al reeds vroeg in die seisoen puik vaardighede ten toon gestel.

“Hy het baie goed in die o.15 skoleliga gevaar en was beslis vir groter dinge bestem,” vertel Rikus.

Shane het op 31 Augustus aan die Wes-Rand Krieketproewe deelgeneem en tydens die geleentheid ook vir homself ‘n plek in die o.15 Wes-Rand Krieketspan verseker.

“Ons almal by Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op Shane en glo dat hy puik in dié span sal vaar.

“Shane is beslis ‘n aanwins vir die Wes-Rand Krieketspan en sal verseker sy kant bring,” vertel Rikus.

“Ons is trots op jou, baie geluk met die puik prestasie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button