NewsSchools

Jannas sanggroep presteer by Nasionale Eisteddfod

Hoërskool Jan Viljoen se sanggroep wys weer tydens die Nasionale Eisteddfod dat hulle tops is.

Hoërskool Jan Viljoen se sanggroep het weer vanjaar groot aftrek by die Nasionale Eisteddfod geniet en spog met twee toekennings vir hul optrede tydens dié gesogte kunstefees.

Volgens die sanggroep se afrigter, Yvonne Bouwer, bestaan die sanggroep uit 18 leerlinge.

“Die groep leerlinge het die afgelope tyd baie hard geoefen om gereed vir die Nasionale Eisteddfod te wees,” vertel Yvonne.

Sy vertel verdar dat hulle harde werk beslis vrug gedra het.

“Ons sanggroep het tydens hul optrede by die Nasionale Eisteddfod op 5 September met ‘n goue toekenning asook ‘n diploma weggestap,” sê Yvonne.

“Ons is baie trots op elkeen van die leerlinge enwens hulle baie geluk met hul puik prestasie.”

Yvonne bedank ook vir Lynn Bootha wat die leerlinge tydes hul optredes en oefensessies begely.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button