Laerskool Modderfontein spog vanjaar weer met drie van hul leerlinge wat in die Gauteng Netbalspan opgeneem is.
Volgens die hoof van Laerskool Modderfontein, Willie Potgieter, het die drie leerlinge vanjaar puik vaardighede op die netbalbaan ten toon gestel en sodoende vir hulself ‘n plek in die Gauteng Netbalspan verseker.
Dié drie leerlinge is Adelaide Tema, Abongele Magubane en Bontle Morule. Beide Adelaide en Abongele het deel van die o.13 Gauteng Netbalspan gevorm, terwyl Bontle vir die o.12 Gauteng Netbalspan gespeel het.
“Die drie netbalsterre het onglangs aan die Nasionale Netbaltoernooi in Margate deelgeneem en hulself baie goed van hul taak gewkyt. Ons is werklik trots op dié leerlinge en wens hulle alle sterkte vir die toekoms toe,” vertel Willie.



