NewsSchools

Laerskool Modderfontein se skaak is tops

Laerskool Modderfontein se skaakspelers behaal 'n algehele tweede plek tydens die Gauteng Skaakkampioenskappe.

Laerskool Modderfontein se skaakspelers het tydens die Gauteng Skaak kampioenskappe wat onglangs in Pretoria plaasgevind het met ‘n algehele tweede plek uit die stryd getree.

Die skaakspan bestaan uit Bongumenzi Siluma, Tiaan van Aswegen, Songezo Goxo, Karabo Thube, Akhona Mehlomakulu, Unathi Nkosi en Mpumelelo Singo.

Die Hoof van Laerskool Modderfontein, Willie Potgieter, vertel dat hy en die res van die onderwysers en leerlinge van Laerskool Modderfontein baie trots is op dié leerlinge en hulle puik prestasie.

“Elkeen van dié skaakspelers het beslis hul silver medalje verdien,” vertel Willie.

Verder het Tiaan van Aswegen tydens die geleentheid ‘n toekenning ontvang vir die beste speler tydens die kampioenskappe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button