Een van Laerskool Modderfontein se top landloopatlete, Brendin Duarte, het onglangs aan die D2 Landloopkampioenskappe deelgeneem en homself van ‘n algehele tweede plek verseker.
Volgens die hoof van Laerskool Modderfontein, Willie Potgieter, het Brendin van die begin van die landloopseisoen af hope potensiaal gewys.
Hy vertel dat Brendin beslis sy plek in die D2 Landloopspan verdien.
“Tydens die D2 Landloopkampioenskappe wat onglangs plaasgevind het, het Brendin stof in die meerderheid van sy opponente se oë geskop en vir homself ‘n silver medalje in dié kampioenskappe verseker,” vertel Willie trots.
Brending het ook op 7 September aan die Provinsiale Landloopkampioenskappe deelgeneem en weer baie goed gevaar.



