NewsSchools

Klein botteltjie, groot talent

Michael Croukamp verower top toekennings tydens die afgelope Raca Kunstefees.

Michael Croukamp, ‘n Graad 2 leerling van Laerskool Rapportryer het vanjaar, tydens die jaarlikse Raca Kunstefees, gewys dat hy oor hope talent beskik.

Klein Michael vertel dat hy gedurende vanjaar se Raca Kunstefees aan 24 verskillende items deelgeneem het.

“Ek het baie goed gedoen en dit baie geniet om by die Raca Kunstefees deel te neem,” vertel Michael.

Volgens Michael se pa, Ruan, is Michael in vier verskillende kategorië as afdelingwenner aangewys.

Dié Kategorië is Afrikaanse en Engelse storievertelling, gedramatiseerde poësie en ongedramatiseerde poësie.

“Ek is baie trots op Michael, hy het hard gewerk en verdien beslis elke toekenning wat hy ontvan het,” vertel Ruan.

Tydens die Raca Kunstefees se gala-oggend wat op 14 September by die NG Kerk, Helikompark plaasgevind het, is Michael ook aangewys as die algehele wenner van die Raca Laerskole afdeling.

Hy het ook tydens die geleentheid met die toekenning vir algehele wenner vir Toespraak en Drama weggestap.

“Ek het ook ‘n ‘Excellence Award’ gekry vir die meer as nege diamant toekennings wat ek by die Raca gekry het,” vertel Michael.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button