NewsSchools

Jannas blink uit by Raca

Hoërskool Jan Viljoen se Engelse spreekkoor is onglangs aangewys as afdeling wenners by die Raca Kunstefees.

Hoërskool Jan Viljoen se engelse spreekkoor het weer vanjaar stof in hul opponente se oë geskop tydens die jaarlikse Raca kunstefees wat gedurende Augustus plaasgevind het en is onglangs as afdeling wenners aangewys.

Volgens een van die afrigters van dié groep, Nenic Steyn, bestaan die groep uit 36 leerlinge.

“Ek en my mede afrigter, Sonja Tuck, het die leerlinge opgelei om as een man te praat. Hulle het baie hard gewerk en hul harde werk is tydens die Raca kunstefees met ‘n diamant toekenning beloon,” vertel Nenic.

Die groep het ‘n punt van 97 persent behaal. Hulle is ook sodoende as afdeling wenners vir ‘coral verse’ aangewys.

“Ons het vanjaar ‘seven ages of man’ deur William Shakespeare voorgedra en het baie posetiewe kommentaar geniet,” vertel Nenic.

Nenic en Sonja bedank elke leerling vir hul harde werk en bydra tot die sukses van die groep.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button