Met die aankondiging van Hoërskool Jan Viljoen se Verteenwoordigende Raad van Leerlinge (VRL) op 15 September, was dit ook tyd om die skool se topbestuur aan te kondig.
Volgens die Adjunkhoof van Hoërskool Jan Viljoen, Sarel Steyn, is die topbestuur ‘n groep VRL-lede wat in spesifieke portefeuljes aangestel word met die doel om dié gebied te beheer en al die reëlings en pligte in die bepaalde portefeulje te handhaaf.
“Daar is in totaal 10 leerlinge wat op die topbestuur dien. Uit die tien leerlinge is daar ‘n president, twee vise presidente, ‘n sekretaresse en ses ander portefeuljes, soos sport, religie, koshuis, akademie, bemarking en kultuur, aangekondig,” vertel Sarel.
Bervin Hammond is as die president van Hoërskool Jan Viljoen vir 2014 aangewys.
Onder sy leiding sal Asher van Niekerk en Esmarilda Nortjé as vise presidente dien. Sarel is ook trots om aan te kondig dat Chené Pretorius die sekretaresse op die topbestuur sal wees.
Verder sal Robert Meintjies die koshuisportefeulje beklee, terwyl Biance Erasmus in beheer van die akademie sal wees. Fanie Kruger sal in beheer van sport by dié skool wees en Bernelee Anthony van kultuur.
Asnelda Grobler sal die Bemarking van Hoërskool Jan Viljoen wees. Die laaste portefeulje van Religie sal deur Dewalt Greeff beklee word.
“Ons hier by Hoërskool Jan Viljoen is baie opgewonde oor die jaar wat vir ons en die VRL voorlê. Ek is oortuig dat met dié topbestuur ons beslis ‘n puik 2014 sal beleef,” vertel Sarel ten slotte.



