NewsSchools

1owafskeid

Hoërskool Jan Viljoen neem afskeid van hul 2013 matriekgroep tydens 'n prag matriekafskeid by Usambara.

Met ‘n jaar van harde werk agter die rug, was dit tyd vir die matrikulante van Hoërskool Jan Viljoen om vir ‘n oomblik te vergeet van studeer en eksamens, en hulle net te geniet tydens hul matriekafskeid wat op 19 September plaasgevind het.

Volgens die hoof van Hoërskool Jan Viljoen, Julius Katzke, het die organiseerders van vanjaar se matriekafskeid werklik baie moeite gedoen om te verseker dat elke matriekleerling van dié skool ‘n aand beleef wat hulle nooit sal vergeet nie.

“Die aankoms van ons eregaste was weer vanjaar ‘n groot geleentheid waarna elke vriend, ouer en familielid uitgesien het. Die leerlinge het baie moeite gedoen om in styl by die geleentheid te arriveer,” vertel Julius.

Sommige van die leerlinge het met hul eie voertuie gery, terwyl ander deur allerhande luukse motors afgelaai is.

Daar was selfs ‘n paartjie wat met ‘n pragtige perdekar by die geleentheid opgedaag het.

Diegene wat by die afklimpunt gestaan het om fotos te neem, was baie opgewonde toe daar ‘n groep motorfietse by die perseel intrek om ‘n paartjie af te laai.

Behalwe vir al die opwinding by die aflaaipunt, het Usambara se tuin weer gesorg vir pragtige fotogeleenthede vir die leerlinge en hul ouers.

Nadat al die leerlinge in die tuin gekuier het, het die groot oomblik aangebreek en kon hulle die saal binnegaan.

“Die saal was werklik ‘n sprokieswêreld en dié groep matrikulante het dadelik tuis gevoel,” vertel Julius.

Na afloop van die hoof se toespraak het die gaste almal aan ‘n heerlike driegangmaaltyd gesmul en toe die musiek begin speel, het al die leerlinge dadelik die dansbaan betree en lekker gedans.

“Die afskeid sal beslis vir elke leerling ‘n hoogtepunt bly. Ek glo elkeen teenwoordig het die geleentheid baie geniet, daarom bedank ek al die organiseerders wat seker gemaak het dat ons matrikulante ‘n onvergeetlike afskeid kon beleef,” vertel Julius.

Kliek hier vir al die pragfotos.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button