Itumeleng speel Goue Leeus sewes
Itumeleng Mpete van Hoërskool Jan Viljoen is in die Goue Leeus Senior Sewes span opgeneem.
Een van Hoërskool Jan Viljoen se top Rugbyspelers, Itumeleng Mpete, is onglangs in die Senior Goue Leeus Sewes Rugbyspan opgeneem en wys al reeds groot potensiaal in die provinsiaale trui.
Volgens een van Itumeleng se onderwysers by Hoërskool Jan Viljoen, George Smith, het Itumeleng op 12 September aan die Gauteng Senior Sewes proewe deelgeneem.
“Itumeleng het tydens die proewe puik gevaar en gewys dat hy beslis ‘n aanwins vir die span sal wees,” vertel George.
Na afloop van die proewe is Itumeleng in die Goue Leeus Senior span opgeneem en sal later vanjaar teen ander provinsies in die sewes reeks meeding.
“Ons is baie trots op Itumeleng.
“Hy is ‘n puik leerling en bobaas rugbyspeler.
“Ons almal hier by Hoërskool Jan Viljoen wens hom geluk met sy wonderlike prestasies en wens hom alle sterkte toe met die wedstryde wat vir hom voorlê,” vertel George.



