Vanjaar was weereens vir elke matriekulant van Hoërskool Riebeeckrand ‘n baie besige jaar en afgesien van al hul studies en eksamens was hul matriekafskeid een van die hoogtepunte op hul kalender.
Riebeeckrand se matriekafskeid het op 21 September plaasgevind. Elke leerling wat die geleentheid, wat by Usambara plaasgevind het, bygewoon het, het dit terdeë geniet.
Dit was vir elke ouer en medeleerling ‘n fees om te sien hoeveel moeite die skool in die geleentheid belê het.
Elke leerling se aankoms by die geleentheid was soos altyd ‘n baie opwindende gebeurtenis.
By die aflaaipunt het ouers en vriende gewag om te kyk op watter oorspronklike manier die volgende paartjie by die geleentheid gaan opdaag.
Sommige van die leerlinge het met hul eie voertuie gery, terwyl ander in allerhande luukse motors afgelaai is, daar was selfs ‘n paartjie wat met ‘n Lamborghini by die geleentheid opgedaag het.
Diegene wat by die aflaaipunt gestaan het om fotos te neem, was baie opgewonde toe daar ‘n groep motorfietse by die perseel intrek om ‘n paartjie af te laai.
Verder was daar tot leerlinge wat met ambulaanse en limousines by Usambara opgedaag het.
Behalwe vir al die opwinding by die aflaaipunt, het Usambara se tuin weer gesorg vir pragtige foto geleenthede vir die leerlinge en hul vriende.
Nadat al die leerlinge in die tuin gekuier het, het die groot oomblik aangebreek en die leerlinge kon by die saal instap.
Na afloop van die hoof se toespraak het die gaste almal aan ‘n heerlike drie-gang maaltyd gesmul en toe die musiek begin speel het al die leerlinge dadelik die daansbaan betree en lekker gedans.
Die afskeid sal beslis vir elke leerling ‘n hoogtepunt bly. Elkeen teenwoordig het die geleentheid baie geniet en sal beslis die aand vir nog lank onthou.
Vir al die fotos van hierdie geleentheid, kliek hier.



