NewsSchools

Ram wiskunde slimkop wys haar staal

Een van Laerskool Randfontein se wiskunde slimkoppe, Caitlyn Begg, wys haar staal tydens die Gauteng Wiskunde Olympiade.

Caitlyn Begg, ‘n graad 4 leerling van Laerskool Randfontein het aan die Mathematics Olympiad 2013 deelgeneem en haarself puik van haar taak gekwyt.

Vogens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Dalena Botha, het Caitlyn tydens die distriksrondte ‘n algehele tweede plek behaal en sodoende na die Gauteng-Olimpiade deurgedring.

“By die Gauteng-Olimpiade het sy teen die bestes van elke distrik regoor Gauteng meegeding.

“Die kompetisie was baie staf, maar dit het nie vir Caitlyn afgeskrik nie.

“Sy het steeds ‘n algehele vierde plek verower,” vertel Dalena.

“Ons almal by Laerskool Randfontein is baie trots op jou Caitlyn.

“Jy het hard gewerk en verdien dié puik prestasie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button