NewsSchools

Riebeeckrand leerlinge geniet hul jaareindbal

Die leerlinge van Hoërskool Riebeeckand geniet hulself gate uit tydens hul jaareindbal.

Hoërskool Riebeeckrand se junior-verteenwoordeginde leerling raad (VRL) het beslis koppe laat draai toe hulle op 4 Oktober die skool se jaarlikse jaareindbal aangebied het.

Volgens Leona Esterhuizen, organiseerder van die bal en onderwyser by Hoërskool Riebeeckrand, was die aand ‘n groot sukses en elke leerling wat die geleentheid bygewoon het, het dit terdeë geniet.

“Die meisies het almal pragtig gelyk, maar kort voor lank hul hakskoene uitgetrek en kaalvoet die aand verby gedans. Die seuns het self uitgevat gelyk en soos ware here opgetree,” vertel Leona.

Dié bal het tot middernag aangehou en teen die einde van die aand was almal pootuit gedans.

Die leerlinge van Hoërskool Riebeeckrand bedank vir Leona Esterhuizen en Barbara Scholtz vir al hulle moeite tydens die organisering van die suksesvolle geleentheid.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button