Die onderwysers van Laerskool Randfontein het Internationale Onderwysersdag wat op 5 Oktober plaasgevind het op ‘n besonderse wyse gevier.
Volgens ‘n onderwyser by Laerskool Randfontein, Annie Nolan, het al die onderwysers by dié skool op 7 Oktober soos skoolleerlinge aangetrek ter viering van Internasionale Onderwysersdag.
“Die onderwysers het almal verskillende skole se skooldrag aangetrek en die hele dag hul klasse met dié drag aangebied. Dit was groot pret en die onderwysers asook die leerlinge by Laerskool Randfontein het die baie geniet,” vertel Annie.
Die onderwyseres is ook deur die Graad7 leerlingraad met ‘n smaakvolle ete tydens dié dag bederf.



