Laerskool Randfontein het wwer vanjaar tydens die Raca kunstefees uitgeblink en is selfs genooi om tydens die Gala funksie op te tree en uitsonderlike toekennings te ontvang.
Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, het daar 25 van Ram se leerlinge tydens dié glansgeleentheid deelgeneem, om hul besonderse prestasie ten toon te stel.
“Tydens die geleentheid was 9 van die leerlinge tofee-wenners. Die leerlinge is Drytton Barnard – Graad 1, Elandre Obermeyer – Graad 1, Jane Strydom – Graad2, Devonique Breedt – Graad 4, Tiane Lotter – Graad 4, Tyllin Barnard – Graad 5, Annamarie Bekker – Graad 5, Giselle RAutenbach – Graad 6 en Anique Lubbe – Graad 7,” vertel Annie.
Die pragtige kultuurprestasies is op 10 Oktober gevier met ‘n spog kultuuraand, wat deur Marinda Schoonraad gereël is.
Die leerlinge het ‘n geleentheid gehad om hul talente aan die skool en ouergemeenskap ten toon te stel tydens ‘n denkbeeldige lugballonvaart.
Die aand is bygewoon deur belangstellendes uit Randfontein en die omgewing. Die eregaste was oud-skoolhoof Frik van den Berg en die IDSO van Wes-Gauteng se Departement van Onderwys Aaron Magagula.
Laerskool Randfontein is baie trots op al die puik kultuurprestasies wat dié skool se leerlinge vanjaar verower het.



