NewsSchools

Rappies jukskeispelers blink uit

Laerskool Rapportryer se jukskeispelers blink uit tydens die Nasionale Skole Jukskeikampioenskappe se proewe in Boksburg.

Laerskool Rapportryer spog weer vanjaar met puik jukskeispelers en is trots om te sê dat ses van Rapportryer se leerlinge aan die Nasionale Skole Jukskeikampioenskappe se proewe gaan deelneem het.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het dié proewe op 12 Oktober in Boksburg plaasgevind.

“Die leerlinge wat tydens dié stel proewe deurdring sal dan aan die Nasionale Skole Jukskeikampioenskappe in Bloemfontein deelneem,” vertel Roleen.

Die Nasionale Skole Jukskeikampioenskappe sal vanaf 10 tot 16 Desember plaasvind.

Volgens Roleen, het Laerskool Rapportryer se leerlinge puik tydens die proewe gevaar en drie van Rappies se leerlinge is gekies om Gauteng tydens die nasionale kampioenskappe te verteenwoordig.

Dié leerlinge is Ju-hanie Wilken – o/14 dogters, Tiaan Wilken en Janco Olivier, beide o/14 seuns.

“Ons is waarlik trots op ons Jukskei-sterre. Almal by Laerskool Rapportryer wens hulle alle sterkte toe tydens hul voorbereiding en tydens die nasionale kampioenskappe,” vertel Roleen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button