NewsSchools

Ram verwelkom hul nuwe adjunkhoof

Laerskool Randfontein is opgewonde om hul nuwe adjunkhoof in hul midde te verwelkom.

Met 33-jaar se ondervinding in die onderwys, is Daine Mathews nou vasbeslote om haar kennis tot goeie nut te gebruik in haar amptelike pos as Laerskool Randfontein (Ram) se nuwe adjunkhoof.

Daine, wat voorheen by Laerskool Venterspost werksaam was, vertel dat sy voel sy kan ‘n positiewe bydrae tot Ram se onderwys maak.

“Dit was tyd vir my om persoonlik te groei en dié skuif was die gulde geleentheid vir nuwe uitdagings en nuwe suksesse,” vertel Diane.

Vir dié gemotiveerde onderwyser was dit nog altyd haar roeping om met kinders te werk en glo sy dat sy beslis kan bydra om Ram se leerlinge tot hul volle potensiaal te ontwikkel.

“My visie vir Ram is om die skool en personeel te ontwikkel tot hul volle potensiaal en ‘n positiewe verandering aan elke leerling, onderwyser en ouer te bring,” vertel Diane.

Behalwe vir haar groot bydra tot Ram se akademise gebied, is Diane ook baie betrokke by buitemuurse aktiwiteite en beplan om haar kennis op sport en kultuurgebied te gebruik om Ram selfs nog meer op dié gebiede te bevorder.

“Ek is baie opgewonde om deel van Ram se wenspan te wees en sien uit daarna om saam met die ouers, leerlinge en onderwysers ‘n pad te stap,” vertel Daine.

Related Articles

Back to top button