NewsSchools

Jannas revue vier hul geskiedenis

Hoërskool Jan Viljoen vier vanjaar hul 75ste bestaansjaar en om by te dra tot die feesvieringe spog dié skool se revue met hul ryk geskiedenis.

Hoërskool Jan Viljoen het vanjaar die voorreg gehad om hul 75ste bestaansjaar te vier.

Dié mylpaal is weer tydens hul jaarlikse revue beklemtoon toe die leerlinge die gehoor op ‘n reis deur geskiedenis geneem het.

Volgens die hoof van Hoërskool Jan Viljoen, Julius Katzke, het vanjaar se revue, met die tema van pantonieme, die gehoor hoogtepunte in die wêreld se geskiedenis gewys wat inidirek ‘n impak gemaak het op die skool se bestaan.

“Vanjaar se revue was ‘n reuse sukses en die leerlinge het baie hard geoefen om die sukses van dié produksie te verseker,” vertel Julius.

Hy vertel verder dat elke persoon wat die produksie gesien het, dit vreeslik geniet het en beslis ‘n baie duidelike boodskap oor die belangrikheid van geskiedenis opgemerk het.

Vanjaar se revue is tydens ‘n glans gala-funksie op 18 Oktober afgesluit. Dit is tydens dié geleentheid waar Hoërskool Jan VIljoen ook hul boek met hul ryk geskiedenis bekendgestel het.

“Die boek vertel Jannas se verhaal oor die afgelope 75-jaar. Ons is baie trots op ons skool se ryk geskiedenis en sien daarna uit om die volgende 75-jaar met ywer en lewenslus aan te pak,” vertel Julius.

Julius bedank ook elke leerling en onderwyser wat herd gewerk het om die revue op die planke te bring.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button