Laerskool Randfontein (Ram), se jukskeispelers het weer vanjaar puik op die jukskeibaan gevaar en selfs tydens die Gauteng Jukskeiproewe gewys dat hulle beslis ‘n krag is om mee rekening te hou.
Volgens een van die jukskei afrigters by Ram, Magda Graaff, is jukskei ‘n sport wat puik konsentrasie en akuraatheid verg. Dit is nie iets wat maklik gebeur nie.
“Ek en my mede-jukskei afrigter Marinda Schoonraad, oefen weekliks saam met die leerlinge om te verseker dat hulle in puik kondisie is wanneer hulle aan kampioenskappe deelneem,” vertel Magda.
Daarom is dié twee afrigters trots op Daleen Nel, Talita Steyn, Atalie Botha, Marno Nel, Louis Breytenbach en Tiaan Fourie wat onglangs in die Gauteng-Wes Jukskeispan opgeneem is.
“Daleen Nel en Marno Nel is ook in die Gauteng Jukskeispan opgeneem.
Hulle is gekies om aan die Suid-Afrikaanse Jukskeikampioenskappe in Kroonstad deel te neem,” vertel Magda.
Sy vertel verder dat beide Marno en Daleen as kapteine van hul onderskeie Gautengspanne aangewys is.



