Laerskool Randfontein (Ram) het op 18 Oktober hul leiers vir 2014 aangekondig.
Die spoggeleentheid is deur al die leerlinge van Graad 1 tot Graad 7 bygewoon.
Behalwe vir die leerlinge wat die geleentheid bygewoon het, was die eregaste vir die dag die leierkandidate se ouers en familie.
Die hoof van Laerskool Randfontein, Francios Coetzee, het tydens die glansgeleentheid die 10 diensleiers, 24 leiers en ses hoofleiers aan die skool se leerlinge, onderwysers en ouers bekendgemaak.
“Ons is baie opgewonde oor 2014.
“Ons glo dat dié groep nuutgekose leiers beslis Ram met ywer en opregtheid sal bedien,” vertel Francois.
Ram se hoofseun vir 2014 is Ruan Nel, terwyl Giselle Rautenbach die skoene van hoofdogter moet volstaan.
Die ander hoofleiers van die skool is John Dawson, Charl Meyer Michaela Moraitis en Melouise Mulder.
Die 24 leiers wat saam dié ses hoofleiers sal dien is Corrie Appelcryn, Stefan Bezuidenhout, Wiann Botha, Shaun Daniel, Riaan Delport, Charl Dempers, Nor-mell Erswell, Damion McKeith, Leandro van der Westhuizen, Franco Venter, Cameron Victor, Juandre Wagner, Clarise Brits, Shamonay Clarke, Berejean Domoney, Caylin du Plooy, Shane Greetham, Nadia Janse van Rensburg, Chante Kloppers, Mariska Kruger, Danielle Olivier, Eztia Saunders, Montez van Staden en Keanje van Zyl.
“Die diensleiers vir 2014 is Jason Ball, Keanu Botha, Garreth Fitzgerald, Dillin Hanekom, Kevin Schalkwyk, Nadine Gomes, Shevonne Group, Megan Janse van Rensburg, Jade Swanepoel en Micaela Taylor,” vertel Francois.
“Ons is baie trots op elkeen van die leerlinge en wens hulle alle sterkte toe vir hul diensjaar wat voorlê.”



