NewsSchools

Riebeeckrand lewer Gauteng jukskeispeler op

Hoërskool Riebeeckrand is trots op Larissa Stoltz wat onglangs in die o.19 Gauteng Jukskeispan opgeneem is.

Hoërskool Riebeeckrand is trots op Larissa Stoltz wat onglangs in die o.19 Gauteng Jukskeispan opgeneem is.

Volgens die bemarker by Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het Larissa op 12 Oktober aan die Jukskei Bondedag in Boksburg deelgeneem.

“Dit is tydens dié geleentheid dat sy in die Gauteng Jukskeispan opgeneem is,” vertel Rickus.

Hy vertel verder dat alhoewel Larissa vir die o.19 jukskeispan gekies is, is sy tans 15-jaar oud.

“Dit is ‘n reuse prestasie in enige sportsoort en ons almal by Hoërskool Riebeeckrand wens haar baie geluk met die puik prestasie,” vertel Rickus.

Larissa sal op 9 Desember as deel van die Gauteng Jukskeispan aan die Suid-Afrikaanse Jukskeikampioenskappe deelneem.

Dié kampioenskappe sal in Bloemfontein plaasvind.

Die bestuur en leerlinge van Hoërskool Riebeeckrand wens haar alle sterkte toe met haar voorbereiding vir die Suid-Afrikaanse Jukskeikampioenskappe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button