NewsSchools

Jannas vaar goed by Top 20

Hoërskool Jan VIljoen se atlete vaar weer goed tydens vanjaar se Top 20 Atletiekbyeenkoms in Naboomspruit.

Hoërskool Jan Viljoen se top atlete het beslis hul merk by die Top 20 Atletiekbyeenkoms in Naboomspruit gemaak.

Jannas spog met vyf goue medaljes en twee brons medaljes tydens dié byeenkoms.

Volgens die spanbestuurder van Hoërskool Jan Viljoen se Top 20 atletiekspan, Jannie du Preez, het die top 20 atletiekbyeenkoms op 11 en 12 Oktober plaasgevind.

“Daar het 48 van die top atletiekskole aan die kompetisie deelgeneem.

“Die kompetisie was baie straf en ons atlete moes behoorlik uithaal en wys.

“Teen die einde van die kompetisie het ons ‘n gemiddelde punt van 845 op die Absa puntetabel gehad en in die 31ste plek geëindig,” vertel Jannie.

Jannas se top 20 atletiekspan het uit jannas se top atlete bestaan.

Dié atlete is Francois Pretorius, Haimi Peach, Lesego Shigohaka, Wayne Stonehouse, Delgin Ngiba, Deshaun Marshall, Kobie Nel, Arno Skead, Wikus Meintjies, Muzi Manyike, Anuscha Weyers, Elouise Oberholzer, Chrizani Smith, Jennike Stroh, Twané Vermaak, Ilda Lowe, Monica Pretorius, Keaman Naudé, Qailah Adam en Estie van Rooyen.

“Chrizani Smith het tydens die byeenkoms ‘n goue medalje in beide die 800m en 1500m items vir dogters o.19 verower.

“Elousie Oberholzer spog ook met twee goue medaljes – een in gewigstoot vir dogters o.19 en die ander in diskus vir dogters o.19.

“Deshaun Marshall het Jannas se laaste goue medalje verseker toe hy die 100m nalope vir seuns o.15 gewen het,” vertel Jannie.

Anuscha Weyers het ‘n brons medalje in die verspring vir dogters o.19 behaal en Qailah Adam spog ook met ‘n brons medalje vir hoogspring dogters o.14.

“Ek is baie trots op elkeen van die atlete.

“Julle het hard gewerk en puik presteer. Knap gedaan aan elkeen van julle,” vertel Jannie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button