NewsSchools

Leerling wen nasuionale skryfkompetisie

Laerskool Randfontein spog met een van hul leerlinge, Charlize Janse van Rensburg wat 'n nasionale skryfkompetisie gewen het.

Charlize Janse van Rensburg, ‘n graad 7 leerling van Laerskool Randfontein, is onglangs as die Nasionale wenner van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se briefskryf-kompetisie aangewys.

Dié kompetisie word jaarliks nasionaal geloods. Die poskantoor moedig leerlinge aan om op ‘n kreatiewe wyse te lees en te skryf om hul geletterdheid te bevorder.

Vanjaar se opdrag het behels dat diegene wat ingeskryf het, vir iemand ‘n brief moet skryf en verduidelik hoekom water so ‘n kosbare bron is.

Charlize sê haar kreatiewe denke het behoorlik vlerke gekry toe sy besluit het om ‘n posduif te word, wat vanuit die lug na die agteruitgang van damme, riviere, strome en vleilande kyk.

Aangesien Charlize dié kompetisie gewen het, is sy met ‘n kontant prys vir haarself sowel as vir Laerskool Randfontein beloon.

Sy bedank al haar onderwysers vir hul aandeel in haar liefde vir lees en skryf, vanaf kleuterdae tot en met Graad 7.

Sy verwys veral na een van haar onderwysers, Marita Greeff wat vanaf Graad 3 toe sy Charlize se skryftalent ontdek het, haar gereeld boeke as geskenke gegee het.

Charlize se toekomsdrome is om volgende jaar haar hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Paarl Vallei in Somerset-Wes te begin en eendag haar graad in Letterkunde aan die Universiteit van Stellenboch te voltooi.

“Ons as personeel van Laerskool Randfontein is baie trots op Charlize en wens haar net die beste vir die toekoms toe. Sy is ‘n besondere dogter met uitstaande talente wat nog pragtige hoogtes gaan bereik,” vertel die Graad 7 graadhoof van Laerskool Randfontein, Annie Nolan.

Daar is ‘n spog-prysuitdeling op 25 Oktober gehou, wat bygewoon is deur verteenwoordigers van die Poskantoor, Departement van Onderwys en Waterwese.

Ram het tydens die geleentheid nie net met Charlize se mooi prestasie gespog nie, maar met al hul leerlinge se uitstaande kultuurprestasies.

Ram is aangewys as die beste Kultuurskool in Wes Gauteng vir 2013.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button