NewsSchools

Ram lewer Gauteng-Wes hokkiespeler op

Laerskool Randfontein is trots op Melouise Mulder wat onglangs in die Gauteng-Wes Hokkiespan opgeneem is.

Laerskool Randfontein het sy hokkieseisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit.

Die beste o.12 hokkiedogters in die streek is uitgenooi om aan die Gauteng-Wes hokkieproewe deel te neem en een van Ram se leerlinge is tydens dié geleentheid in die Gauteng-Wes Hokkiespan opgeneem.

Die organiseerder en afrigter van Ram se hokkiedogters, Tanya Pelser het Ram se hokkiespelers na die proewe vergesel.

Daar het meer as 100 spelers tydens die geleentheid meegeding om een van 11 plekke in die Gauteng-Wes Hokkiespan te verower.

Melouise Mulder van Ram is een van die spelers wat in die Gauteng-Wes Hokkiespan opgeneem is.

“Dis voorwaar ‘n puik prestasie en ons almal by Ram is baie trots op jou,” vertel Tanya.

Die Gauteng-Wes Hokkiespan gaan in Augustus 2014 aan die Nasionale toernooi in Potchefstroom deelneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button