NewsSchools

Rappies pom-poms blink uit

Laerskool Rapportryer is trots op hul pom-pom-groep wat as D2 Drummies kampioene aangewys is.

Laerskool Rapportryer se pom-poms het weer vanjaar op elke geleentheid waar hulle deelgeneem het uitgeblink en is trotse D2 drummies kampioene.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het dié groep op 19 Oktober aan die jaarlikse D2 Drummies Kompetisie deelgeneem.

“Hulle het in die “Cheerleading Primary Schools” kategorie deelgeneem en hulself weer puik van hul taak gekwyt,” vertel Roleen.

Sy vertel verder dat die groep tydens beide hul uitdunrondtes ‘n algehele eerste plek behaal het en tydens die kampioenskappe weer uitgeblink het.

Rappies se pom-poms het weereens eerste gekom en die trofee vir die D2 Drummies wenners ontvang.

Hulle afrigter, Leandi Minnaar is baie trots op die groep wat met hulle harde werk en deursettingsvermoë die Kampioenskap gewen het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button