Hoërskool Riebeeckrand se kultuurleerlinge het behoorlik tydens die afgelope Nasionale Eisteddfod geskitter.
Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het verskeie leerlinge van Riebeecrand toekennings as itemwenners ontvang.
Die leerlinge is Daemian Breedt, Reinhardt le Roux, Anjalee Oudbier, Monique Crafford, Mandy-Joe Visser, Shunny Bothma, Roché Roberts, Dawie Viljoen, Dewalt Britz, Istvan Nieuwoudt, Mariska Jacobs Ruan van Zyl, Martinet Theunissen, Shenike Olivier, Chanté Janse van Vuuren, Angelique Kotzé, Dandré Momberg en elke leerling van dié skool se koor.
“Behalwe vir die feit dat al dié leerlinge itemswenners was, het verskeie van hulle ook met ‘n titel vir kategoriewenner weggestap,” vertel Rickus.
Die leerlinge wat as kategorie wenners aangewys is, is Istvan Nieuwoud, Mandy-Joe Visser, Mariska Jacobs, Monique Crafford, Ruan van Zyl, Dandré Momberg en Corli Hattingh.
Rickus vertel verder dat drie van Riebeeckrand se leerlinge ook ‘n ambassadeurstoekenning ontvang het.
“Die ambassadeurstoekenning word gegee aan deelnemers wat ‘n gemiddeld van bo 98 persent behaal het. Slegs 2,29 persent van al die deelnemers by die NEA het dié toekenning ontvang,” vertel Rickus.
Die drie leerlinge van Riebeeckrand wat met dié gesogte toekenning spog is Ruan van Zyl, Dewalt Britz en Corli Hattingh.
Verder het Ruan van Zyl, Dewalt Britz en Monique Crafford ook onder die NEA se algehele top 10 geëindig.



