LifestyleNewsSchools

Rappies spog met Gauteng-Wes krieketspelers

Laerskool Rapportryer spog weer vanjaar met drie Gauteng-Wes krieketspelers.

Laerskool Rapportryer se krieketspelers het weer vanjaar uitgeblink tydens die Gauteng-Wes proewe, en drie van dié skool se leerlinge is in die Gauteng-Wes krieketspan opgeneem.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het die drie seuns baie goed tydens die proewe gevaar en is hulle beslis ‘n aanwins vir die Gauteng-Wes krieketspan.

“Die drie leerlinge wat in dié span opgeneem is, is Herman Visser, Duanne Grobler en Bennie Smith,” vertel Roleen.

“Ons is baie trots op die drie leerlinge en wens hulle alle sterkte toe vir hul kragmetings en voorbereiding wat voorlê.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button