NewsSchools

Ram lewer Gauteng-Wes krieketspeler op

Laerskool Randfontein spog met een van hul leerlinge wat in die Gauteng-Wes Krieketspan opgeneem is.

‘n Leerling van Laerskool Randfontein (Ram), Pierré Maree is in die Gauteng-Wes o.13 krieketspan opgeneem.

Volgens ‘n onderwyser by Laerskool Randfontein, Dalena Botha, het Pierré baie goed gevaar en gewys dat hy beslis ‘n aanwins vir dié span is.

Ongelukkig het Pierré en sy span nie na die finaal deurgedring nie maar steeds skitterend tydens die aandliga gevaar.

“Wat dié o.13 span uniek gemaak het is die feit dat die span uit vier hoofseuns van verskillende skole bestaan het,” vertel Dalena.

Pierré Maree was van Laerskool Randfontein, Bennie Smith van Laerskool Rapportryer, Juandré Swanepoel van Laerskool Krugersdorp-Noord en Awie Visser van Laerskool De Beer.

“Al vier dié spelers het gewys dat hulle oor besondere talent beskik en het ook tydens hul betrokkenheid by die Gauteng-Wes Krieketspan ook boesemvriende geword,” vertel Dalena.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button