Die Departement van Onderwys het onglangs ‘n kompetisie geloods om Erfenisdag te herdenk.
Die tema vir die dag was kultuurdanse.
Die Graad 3 leerlinge van Laerskool Randfontein het die kompetisie vreeslik geniet.
Die leerlinge het op ‘Afrikaners is plesierig’ van Karen Ziod gedans en behoorlik met hul opvoering ‘n nuwe betekenis aan tradisionele volkspele gegee.
Dié dansgroep het uit sowat 30 leerlinge bestaan. Dié groep dansers het op Erfenisdag die Distrikskompetisie gewen. Daarna het hulle aan die Provinsiale kompetisie deelgeneem en daar ook gewen.
Die Nasionale kompetisie het by ‘Twanga’ in Pretoria plaasgevind en die leerlinge het die dag baie geniet en sommer ook by die dieretuin ‘n draai gemaak.
Dié groep Graad 3 leerlinge is bekroon met die hoogste toekenning as Nasionale wenners van die Kultuurdanse.
Die bestuur en die res van die leerlinge by Laerskool Randfontein is baie trots op hulle en wens dié groep hartlik geluk.



