Die kleuters van Melktandjies Kleuterskool het op 11 Oktober Robinson Privaat Hospitaal besoek en die uitstappie baie geniet.
Met die kleuterskool se aankoms by die hospitaal is hulle deur Nadae die nar verwelkom waarna die verpleegsters aan diens die kleuters verskeie veiligheidsmaatreëls geleer het.
Die groep kleuters is daarna in drie groepe opgedeel en op ‘n toer deur die hospitaal geneem.
Dit is tydens dié toer waar die kleuters meer van elke afdeling van die hospitaal geleer het.
Die eerste afdeling wat besoek is was die kindersaal.
Hier het die kleuters hospitaalbandjies ontvang waar hulle name opgeskryf was.
Die verpleegsters in elke afdeling het die kleuters gewys waar bloed getrek word en waar die pasiënte inspuitings ontvang.
Behalwe vir die kindersaal, het die groep kleuters ook die teater en ongevalle besoek.
Elke kleuter van Melktandjies het die uitstappie baie geniet en ook sommer baie tydens die geleentheid geleer.
Die bestuur van Melktandjies bedank die verpleegsters en bestuur van Robinson Privaat Hospitaal vir die wonderlike geleentheid en wens hulle sterkte in hul werk toe.



